Cyril Ramaphosa kry sy eie posseël

Cyril Ramaphosa kry sy eie posseël

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het ʼn posseël met ʼn afbeelding van hom aan president Cyril Ramaphosa oorhandig.

Staatshoofde en voormalige staatshoofde is die enigste lewende mense wat op posseëls mag verskyn.

Ramaphosa is die vyfde president sedert die koms van demokrasie wat met ʼn posseël vereer word.

Oudpresident Jacob Zuma het sy eie posseël in 2009 gekry.