DA het die Minister van Polisie versoek om dringend voorkeur te verleen aan die indiening van die konsep Strafregwetsontwerp oor Forensiese Prosedure

Die DA het die Minister van Polisie, Bheki Cele, versoek om dringend voorkeur te verleen aan die indiening van die konsep Strafregwetsontwerp oor Forensiese Prosedure wat die party bestempel as ʼn onmiddellike stap wat gedoen kan word om geslagsgeweld te bekamp.

Die party sê dit sal ʼn werkswyse voorsien wat benodig word om te verseker dat herhaaldelike oortreders vinnig en doeltreffend agter tralies beland.

Die DA wys daarop dat daar tans geen DNS-monsters op rekord is vir die meer as 46 000 Skedule 8-oortreders nie.