Daar is wydverspreide reaksie op die heropening van die skole

‘n Onderwysaktivis het gewaarsku dat die regering se besluit om skole te heropen rampspoedige gevolge sal hê.

Hendrick Makaneta het ‘n beroep op die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga gedoen om haar plan te heroorweeg om skole vir graad sewe en twaalf begin volgende maand te heropen.

Makaneta sê die enigste manier om matrikulante te red, is om hulle vir vyf weke van intensiewe nderrig in kampe te plaas.

Alle ander grade moet na hoër grade bevorder word.

Die Vryheidsfront Plus het op sy beurt die minister se aankondiging verwelkom dat die finale besluit of hulle hul kinders sal toelaat om terug te keer skool toe aan ouers oorgelaat sal word.

Die party se woordvoerder Wynand Boshoff sê die departement het moeilike besluite geneem ten opsigte van die balans tussen die behoeftes en vrese
van ouers en die rol van vakbonde wat hul lede wil beskerm.