"Die aanvalle op gesondheidswerkers by openbare instellings is ʼn krisis"

“Die aanvalle op gesondheidswerkers by openbare instellings is ʼn krisis”

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê die voortgesette aanvalle op gesondheidspraktisyns by openbare gesondheidsinstansies is ʼn krisis wat dringende aandag verg.

ʼn Pasiënt by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein het probeer om ʼn junior dokter te verkrag.

Ná dié voorval het die Universiteit van die Vrystaat, te midde van kommer oor die veiligheid by die hospitaal, die opleiding van sy mediese studente daar opgeskort.

Die SAMV sê die provinsiale Departement van Gesondheid het onderneem om die elektriese hekke en bestaande geslotekring-televisiekameras by die hospitaal te herstel.

Die departement sal ook groot spreiligte installeer om sigbaarheid op die terrein te verbeter.