Die ANC het Ace Magashule verdedig teen die aantygings teen hom in ʼn nuwe boek

Die ANC het Ace Magashule verdedig teen die aantygings teen hom in ʼn nuwe boek

Die ANC het sy sekretaris-generaal, Ace Magashule, verdedig teen die aantygings teen hom in ʼn nuwe boek.

Die ondersoekende joernalis, Pieter-Louis Myburgh, beweer in die boek, Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture dat Magashule, as Vrystaatse premier, miljoene Rand se belastingbetalersgeld aangewend het tot voordeel van mense soos oudpresident Jacob Zuma, die Gupta-familie en ʼn menigte van invloedryke ANC-politici.

Die ANC sê in ʼn verklaring dat Myburgh sedert 2016 leuens oor Magashule versprei.