Die ANC het hom losgemaak van gister se ontwrigting van die boekbekendstelling van Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture

Die ANC het hom losgemaak van gister se ontwrigting van die boekbekendstelling van Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture

Die ANC het homself losgemaak van gisteraand se ontwrigting van die boekbekendstelling van Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s web of capture in die Sandtonstad-inkopiesentrum in Johannesburg.

Betogers waarvan sommige ANC-T-Hemde aangehad het, het eksemplare van Pieter-Louis Myburgh se boek opgeskeur, wat bewerings bevat dat die ANC se sekretaris-generaal die provinsie met ʼn ystervuis regeer het toe hy premier was.

Die ANC-jeugliga in die Vrystaat beplan om Maandag eksemplare van die boek in Bloemfontein te verbrand.