Floyd Shivambu se broer het na bewering R16-miljoen van die VBS Bank ontvang

Die ANC in Limpopo het erken dat van sy amptenare VBS Bank help plunder het

Die ANC in Limpopo het erken dat van sy amptenare ernstige oortredings – ook op munisipale vlak – begaan het met betrekking tot die ineenstorting en plundering van die VBS bank.

Die party se taakspan onder leiding van Dickson Masemola, het laat gisteraand sy verslag by ‘n spesiale sitting van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee voorgelê.

Hoewel die inhoud nog nie openbaar gemaak is nie, sê die provinsiale sekretaris, Soviet Lekganyene, hulle interne verslag dui op oortredings deur sy amptenare.

Die ANC se adjunkvoorsitter en burgemeester van die Vhembe-distrik, Florence Radzilani, en die tesourier, Danny Msiza, word by ernstige ongerymdhede betrek.

Lekganyane sê hulle saak sal na die party se integriteitskommissie verwys word.