Die ANC in Mangaung het die uitvoerende burgemeester van die metro, Olly Mlamleli, by die provinsiale uitvoerende komitee verkla

Die ANC in Mangaung het die uitvoerende burgemeester van die metro, Olly Mlamleli, by die provinsiale uitvoerende komitee verkla.

Netwerk24 berig dat Lulama Titi-Odili, waarnemende sekretaris van die streek, op ’n nuuskonferensie bevestig dat hulle ontevrede is met Mlamleli se dienslewering en die inwerkingstelling daarvan.

‘n Bewys daarvan is dat die metro glo nie sulke groot projekte soos ander metro’s kry nie.

Titi-Odili het op ’n vraag oor of die ANC van plan is om Mlamleli in die pad te steek, gesê dié besluit berus nie by hulle nie, maar dat daar ‘n amptelike skrywe aan die provinsiale uitvoerende komitee van die ANC gestuur is.

Volgens Titi-Odili wat hulle nou op terugvoer.