Die ANC-jeugliga sê rassistiese boere se grond moet eerste onteien word

Die ANC-jeugliga sê rassistiese boere se grond moet eerste onteien word

Die ANC se jeugliga in Tshwane het ʼn beroep gedoen op die onteiening van grond van rassistiese boere.

Tydens ʼn betoging op Bronkhorstspruit, het die streeksvoorsitter, Lesego Makhubela, die dorp beskryf as die hoofkwartier van rassisme en gesê dat optrede in die vorm van grondonteiening nodig is.

Makhubela sê die eerste plase en hoewes moet uit dié gebied van Gauteng gevat word om te wys dat daar nie plek vir rassisme in Suid-Afrika is nie.