Die ANC sê oudpresident Jacob Zuma is siek en sterk tuis aan

Die ANC sê oudpresident Jacob Zuma is siek en sterk tuis aan.

Die party het dit gesê in reaksie op die hooggeregshof in Pietermaritzburg se besluit om Zuma se omstrede siekbrief te verwerp en ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uit te reik.

Die lasbrief sal in werking tree indien Zuma nié op 6 Mei vir sy volgende hofverskyning opdaag nie.

Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, het bevestig die party het met Zuma en sy familie gepraat.