Die ANC wil nie meer vir Angelo Agrizzi voor die staatskapingskommissie kruisondervra nie

Die ANC wil nie meer vir Angelo Agrizzi voor die staatskapingskommissie kruisondervra nie

Die ANC wil nie meer vir Angelo Agrizzi voor die staatskapingskommissie kruisondervra nie.

Die voormalige bedryfshoof van Bosasa het vroeër getuig dat die maatskappy tussen 2004 en 2006 twaalf miljoen Rand aan die party se top-ses ampsdraers betaal het.

Business Day berig dat die ANC vroeër vir Agrizzi veroordeel het as ʼn rassistiese Nazi wat buig of bars sy geloofwaardigheid wil ondermyn voor volgende maand se verkiesing.

Die party het egter vroeër die week toegegee dat talle van die aantygings van korrupsie teen partybeamptes sy verkiesingsveldtog benadeel het.