Die bestuur van die polisie in die Vrystaat sê wanoptrede deur sy lede ontspoor die stryd wat teen misdaad gevoer word

Die bestuur van die polisie in die Vrystaat sê wanoptrede deur sy lede ontspoor die stryd wat teen misdaad gevoer word

Die bestuur van die polisie in die Vrystaat sê wanoptrede deur sy lede ontspoor die stryd wat teen misdaad gevoer word.

Die polisie in die provinsie het die afgelope twee jaar 40 polisiebeamptes afgedank.

Die polisiebestuur sê van die beamptes is skuldig bevind aan ernstige oortredings wat onder meer korrupsie insluit.

Die polisiekommissaris in die Vrystaat, generaal-majoor Moeketsi Sempe, het onderneem om van korrupte polisiebeamptes ontslae te raak om sodoende ‘n doeltreffende polisiediens te hê.