Die Britse premier, Boris Johnson, het ʼn dubbele nederlaag in die Laerhuis gely toe parlementslede sy mosie vir ʼn vroeë algemene verkiesing verwerp het

Die Britse premier, Boris Johnson, het ʼn dubbele nederlaag in die Laerhuis gely toe parlementslede sy mosie vir ʼn vroeë algemene verkiesing verwerp het.

Dit volg nadat hulle vroeër ʼn wetsontwerp goedgekeur het om Brexit sonder ʼn ooreenkoms te keer indien Johnson nie voor die spertyd van 31 Oktober tot ʼn vergelyk kan kom met die Europese Unie nie.

Die BBC berig dat Johnson wou hê dat die LP’s instem tot ʼn vervroegde verkiesing op 15 Oktober aangesien die wetsontwerp hom daarvan weerhou om ʼn ooreenkoms te onderhandel.