Die DA het die munisipale bestuurder van Gauteng se Tswaing-munisipaliteit sewe dae tyd gegee om te verduidelik waarom hy en sy regspan ‘n hofbevel geïgnoreer het

Die DA het die munisipale bestuurder van Gauteng se Tswaing-munisipaliteit sewe dae tyd gegee om te verduidelik waarom hy en sy regspan ‘n hofbevel geïgnoreer het.

Dit het daartoe gelei dat Kuyalunga Traffic Solutions, die klaer wat nie betaal is vir dit wat aan hom verskuldig is nie, beslag gelê het op bates van die
munisipaliteit.

Dit het weer tot gevolg gehad dat die munisipaliteit nie al sy werknemers en raadslede se salarisse kon betaal nie.

Die DA sê al die werknemers en raadslede het nou ernstige finansiële probleme.