Die DA sal aan die minister van Toerisme skryf om te versoek dat sy dringend vertoë rig, om die afsluitingsregulasies om voedsel- en kruideniersdienste in te sluit

Die DA sal aan die minister van Toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, skryf om te versoek dat sy dringend vertoë aan haar kollegas rig, om die
afsluitingsregulasies om voedsel- en kruideniersdienste in te sluit, te wysig.

Die DA sê dat die huidige regulasies nie mense wat fisies nie na plekke toe kan gaan wat kos voorsien nie, in ag neem nie.

Volgens die party kan kosaflewering dit ook moontlik maak om die beweging van mense na en van winkels te verminder.