Die DA sal toegelaat word om sy eie seëls op stembusse aan te bring

Die DA sal toegelaat word om sy eie seëls op stembusse aan te bring

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het toestemming verleen aan die DA om sy eie seël aan te bring op stembusse tydens vanjaar se algemene verkiesing.

Die opposisieparty sê dit sal help om die integriteit van die uitslae te beskerm.

Die OVK sê die Kieswet maak voorsiening daarvoor dat politieke partye hul eie seëls op stembusse aanbring om te verseker daar word nie mee gepeuter nie.

Die Mail & Guardian berig dit volg nadat stembusse op verskeie plekke in Gauteng gevind is in die nasleep van die verkiesing in 2014.