Die DA se federale raad kom vandag in Bruma in Johannesburg byeen om die afgelope verkiesing te bespreek.

Die DA se federale raad kom vandag in Bruma in Johannesburg byeen om die afgelope verkiesing te bespreek.

Die DA se steun het van net meer as 22% in 2014 tot net meer as 20% in die afgelope verkiesing gedaal.

Die party het ook sy posisie as amptelike opposisie in Mpumalanga, Limpopo en Noordwes en KwaZulu-Natal verloor.

Na verwagting sal die party se regering in die Wes-Kaap by die byeenkoms bespreek word, sowel as die ontplooiing van verteenwoordigers in die
parlement.