Die DA voel dat vakbonde hulself in die voet skiet deur afleggings by die Suid-Afrikaanse Lugdiens te probeer keer

Die DA voel dat vakbonde hulself in die voet skiet deur afleggings by die Suid-Afrikaanse Lugdiens te probeer keer.

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging het gister aangekondig dat hulle hof toe gaan in ‘n poging om die afleggingsplanne deur die SAL se sakepraktisyns te voorkom.

Die DA sê daar is ‘n algemene konsensus dat die SAL ten minste 30% te veel personeel in diens het.

Met passasiers wat die lugredery in hordes verlaat, is daar absoluut geen manier dat die SAL gered sal kan word sonder reuse-personeelafleggings nie.