Die DA vra dat die regering se Justisie-, Misdaadvoorkomings- en Sekerheidsgroep voorligtings oor die land se sekerheidsituasie aanbied totdat wet en orde herstel is

Die DA het president Cyril Ramaphosa gevra om seker te maak dat die regering se Justisie-, Misdaadvoorkomings- en Sekerheidsgroep daagliks voorligtings oor die land se sekerheidsituasie aanbied totdat wet en orde herstel is.

Die party sê die afgelope weke is gekenmerk deur plundery en geweld in provinsies met voortslepende betogings, vreemdelingehaat-aanvalle en gewelddadige protes en die dood van vyf mense.

Intussen het die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking berigte ontken dat verskeie staats- en regeringshoofde besluit het om as gevolg van die geweld nie die Wêreld Ekonomiese Forum oor Afrika in Kaapstad by te woon nie.