Die departement van Energie sê die projek "Wind-atlas vir Suid-Afrika", WASA, is een van die land se belangrikste projekte om hernubare energie op te wek

Die departement van Energie sê die projek “Wind-atlas vir Suid-Afrika”, WASA, is een van die land se belangrikste projekte om hernubare energie op te wek

Die departement van Energie sê die projek “Wind-atlas vir Suid-Afrika”, WASA, is een van die land se belangrikste projekte om hernubare energie op te wek.

Die windatlas-projek is in 2008 ontwikkel om te bepaal of energie vir die nasionale netwerk deur middel van wind opgewek kan word.

Die waarnemende adjunk-direkteur-generaal vir die departement se afdeling Skoon Energie, Mokgadi Modise, het op ‘n konferensie van WASA in Oos-Londen gesê Suid-Afrika is nou gereed om sy bydrae te lewer tot die opwekking van skoon energie vir die wêreld.