Die Departement van Onderwys in Noordwes gaan ondersoek instel na foto's van die laerskool Schweizer-Reneke op sosiale media

Die Departement van Onderwys in Noordwes gaan ondersoek instel na foto’s van die laerskool Schweizer-Reneke op sosiale media

Die Departement van Onderwys in Noordwes gaan ondersoek instel na foto’s van die laerskool Schweizer-Reneke op sosiale media.

Die foto’s toon hoe ‘n groep swart Graad R leerders afgeskei is van die res van hulle wit klasmaats.

Die skoolhoof wou nie kommentaar oor die foto’s lewer nie.

Die LUR vir Onderwys, Sello Lehare, sal vanoggend die skool besoek om ondersoek in te stel.

Die departement sê hulle is nie seker of die foto’s die werklikheid weerspieël en of daarmee gepeuter is nie.