Die eerste twee koronavirus sterftes in Suid-Afrika is bevestig – albei in die Wes-Kaap

Die eerste twee koronavirus sterftes in Suid-Afrika is bevestig – albei in die Wes-Kaap.

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê in ‘n verklaring dat een van die pasiënte in ‘n privaat hospitaal was en die ander by ‘n staatsinstelling.

Mkhize het bygevoeg dat die aantal bevestigde gevalle in die land nou die duisend merk oorskry het.

Meer besonderhede word later vandag verwag.