Die EFF het onderneem om voort te gaan met die ontwrigting van die Parlement

Die EFF het onderneem om voort te gaan met die ontwrigting van die Parlement.

Die verrigtinge in die Parlement moes gisteraand vir omtrent 10 minute opgeskort word voordat president Cyril Ramaphosa sy staatsrede kon lewer.

Dit volg nadat die EFF ‘n aantal mosies ingedien het, insluitend dat oudpresident FW de Klerk die Huis moet verlaat en dat die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, afgedank moet word.

Die party het uitgestap voordat die rede gelewer is.

Die EFF-leier, Julius Malema, sê die Parlement sal nie meer ʼn vreedsame plek wees nie