Die EFF sê hulle is bewus gemaak van wat hulle beskryf as inhalige werkgewers wat werknemers dwing om gedurende die 21-dae landswye afsluiting te werk

Die EFF sê hulle is bewus gemaak van wat hulle beskryf as inhalige werkgewers wat werknemers dwing om gedurende die 21-dae landswye afsluiting te werk.

Die party beweer dat die Kaapstad-gebaseerde inbelsentrum, Capita SA, wat meer as 400 werknemers het, mense reeds opdrag gegee het om nieteenstaande die afsluiting, te werk.

Die EFF sê ondernemings wat werk probeer voortsit en werknemers in gevaar stel, sonder dat hulle ‘n noodsaaklike diens lewer, moet dopgehou word.