Die EFF sê nog ʼn brandbestryderskrisis dreig in Gauteng

Die EFF sê ná die dood van drie Johannesburgse brandbestryders verlede week, is daar nog ʼn dreigende krisis in Gauteng, nadat die Ekurhuleni Metro aan die Oos-Rand 50 brandbestryders na willekeur geskors het.

Die party sê die sterfgevalle het voorgekom as gevolg van die volslae miskenning van verslae oor ʼn reuse gebrek aan nakoming by regeringsgeboue en die party het ʼn moordsaak teen verskillende LUR’e en die premier ingedien.

Die EFF sal die Ekurhuleni-kwessie dophou aangesien dit die lewens van die oorblywende personeel en inwoners op die spel plaas.