Die EFF wil die staatsrede ontwrig as Pres. Ramaphosa nie vir Pravin Gordhan afdank nie

Die EFF sê hy gaan president Cyril Ramaphosa se staatsrede op die 13de van volgende maand ontwrig, indien hy weier om die Minister van Openbare
Ondernemings, Pravin Gordhan, af te dank.

Die leier, Julius Malema, beskuldig Gordhan daarvan dat hy die oorsaak is van al die probleme by die kragvoorsiener.

Die EFF-woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, het bygevoeg dat nie een van die staatsondernemings suksesvol is onder Gordhan se leiding nie.

Gordhan het vroeër gesê sy toekoms in die regering is in die hande van Ramaphosa.