Die Franse president, Emmanuel Macron het onderneem dat die Notre Dame-katedraal in Parys herbou sal word

Die Franse president, Emmanuel Macron het onderneem dat die Notre Dame-katedraal in Parys herbou sal word

Die Franse president, Emmanuel Macron het onderneem dat die Notre Dame-katedraal in Parys herbou sal word.

Dit volg nadat ‘n brand gisteraand die dak van die 850-jaar oue katedraal vernietig en groot skade aangerig het.

Sowat 400 brandbestryders het deur die nag gewerk om die die brand te blus, en het vroeg vanoggend aangekondig dat die brand na sowat nege ure onder beheer is.

Een brandbestryder is beseer.

Die brandweerhoof in Parys sê die hoofstruktuur en twee torings van die katedraal is gered.

Macron het ‘n beplande beleidstoespraak gekanselleer om die toneel van die brand te besoek, en het gesê die Notre Dame is ‘n katedraal vir alle Franse burgers, of hulle godsdienstig is of nie.

Die Franse miljardêr Francois-Henri Pinault het reeds 100 miljoen euros beloof om die katedraal te herbou.