Die goudprys het sy hoogste vlak in sewe jaar behaal

Die goudprys het sy hoogste vlak in sewe jaar behaal en verhandel bo die vlak van 1 700-dollar per fynons.

Die prys het nou sedert die begin van die jaar met 16% gestyg.

Die huidige skerp styging vind volgens die New York Times plaas omdat Japan, Indië en Duitsland se ekonomieë onder die aanslag van die
koronavirus-pandemie steier.

‘n Portefeuljebestuurder van Kruger Internasionaal, Hein Kruger, sê goud bly ‘n bestendige keuse in onsekere tye vir talle lande.