Die hele Australiese krieketspan moes geweet het van die balpeutery

Die voormalige Engelse internasionale speler, Andrew Flintoff, glo nie vir een oomblik dat slegs drie spelers in die Australiese span van die balpeuterpoging geweet het tydens verlede maand se derde toets teen Suid-Afrika in Kaapstad nie.

Die kaptein Steve Smith, onderkaptein, David Warner en aanvangsbouler Cameron Bancroft het taai skorsings ná die skandaal ontvang en die afrigter Darren Lehmann het bedank.

Flinthoff het aan die BBC gesê hy worstel om te dink dat almal in die span nie vooraf geweet het nie.