Die hooggeregshof in Johannesburg lewer na verwagting vandag uitspraak oor 'n voormalige polisielid, Joao Jan Rodrigues, se aansoek dat vervolging gestaak word

Die hooggeregshof in Johannesburg lewer na verwagting vandag uitspraak oor ‘n voormalige polisielid, Joao Jan Rodrigues, se aansoek dat vervolging gestaak word

Die hooggeregshof in Johannesburg lewer na verwagting vandag uitspraak oor ‘n voormalige polisielid, Joao Jan Rodrigues, se aansoek dat vervolging gestaak word.

Rodrigues word aangekla van die moord op ‘n anti-apartheidsakitvis, Ahmed Timol in 1971.

Die 80-jarige Roderigues sê om op sy ouderdom vervolg te word vir ‘n voorval wat 48 jaar gelede plaasgevind het, is ‘n skending van sy reg op waardigheid.

Die staat hou vol dat die saak moet voortgaan. ‘n Ondersoek het vroeër bevind dat Timol by die tiende verdieping van die destydse John Vorster polisiestasie in Johannesburg uitgestamp is.