Die Kollege vir Geneeskunde van Suid-Afrika sê hulle is bekommerd oor die slaagsyfer wat spesialiste in die land moet behaal om as sjirurg te kwalifiseer

Die Kollege vir Geneeskunde van Suid-Afrika sê hulle is bekommerd oor die slaagsyfer wat spesialiste in die land moet behaal om as sjirurg te kwalifiseer.

Voornemende spesialiste hoef slegs 45% te behaal om deur te kom.

Net 15 van die 46 kandidate van agt universiteite wat ’n week gelede die organisasie se genootskap-eksamen geskryf het, het geslaag.

Die organisasie se president, Flavia Sekubuge, sê hulle gaan ondersoek instel om te bepaal of daar enige ongerymdhede in die algemene eindeksamen was.