Die Land- en Landbouontwikkelingsbank van Suid-Afrika sê hy gaan sy bedryf hervorm en in verskille sake-eenhede verdeel

Die Land- en Landbouontwikkelingsbank van Suid-Afrika sê hy gaan sy bedryf hervorm en in verskille sake-eenhede verdeel sodat hy ʼn beter diens aan opkomende boere kan lewer.

Die bank het R356,6-miloen uitbetaal aan boere wat sedert die instelling van die Droogtehulpfasiliteit in 2017 onder droogte gebukkend gegaan het.

Die bank se waarnemende hoofbestuurder, Konehali Gugushe, sê ʼn vertraging in reën en aanplantings het daartoe gelei dat hulle meer likiditeitsdekking benodig as wat in die jongste finansiële jaarverslag verklaar word.