Die Mangaung Metro in Bloemfontein dreig om regstappe teen Bloem Water te neem

Die Mangaung Metro in Bloemfontein dreig om regstappe teen Bloem Water te neem

Die Mangaung Metro in Bloemfontein dreig om regstappe teen Bloem Water te neem.

Die waterverskaffer het die grootmaatvoorsiening aan die metro met 30% gesny weens die munisipaliteit se versuim om sy waterrekening van meer as 100 miljoen te betaal.

Die munisipaliteit sê egter dat hy Bloem Water oorbetaal het.

Die woordvoerder, Qondile Khedama, hou vol dat hy die verskaffer oorbetaal is en hy die munisipaliteit bykans R300 miljoen skuld.

Khedama sê hy verstaan nie hoekom die inwoners gestraf moet word terwyl die kwessie bespreek word nie.

Bloem Water se uitvoerende hoof van operasies en instandhouding, Maruping Rapudungoane, het vroeër gesê die Metro is reeds drie maande agterstallig met sy betaling.

Intussen het die DA se Rossouw Botes laat weet dat die water na afloop van samesprekings gisteraand vir eers weer oopgemaak is.