Die Mangaung Metro skuld Bloemwater miljoene in agterstallige waterskuld

Die Mangaung Metro skuld Bloemwater miljoene in agterstallige waterskuld

Die Mangaung-metro se skuld aan Bloemwater beloop niks minder nie as R419 miljoen en daarom is waterlewering met 30% deur die waterverskaffer ingeperk.

Netwerk24 berig volgens die DA se waterkenner, Rossouw Botes, sal Patricia Kopane, leier van die DA in die Vrystaat, en Leon Basson, DA-LP en woordvoerder oor water en sanitasie, dr. Lindiwe Sisulu, nasionale minister van water en sanitasie, vandag spreek oor die voortslepende waterkrisis in Mangaung.

Volgens Botes het die metro in Februarie, Maart, April en Junie geen betalings gemaak nie, terwyl daar ook nog ou skuld is wat gedelg moet word.

Intussen is inwoners woedend omdat dit gister die 36ste dag in 15 maande is dat hulle veral in die suide van Bloemfontein geen water het nie.