Die Mars Insight stuur sy eerste foto van die Rooi Planeet ná ʼn reis van meer as sewe maande

Die Mars Insight stuur sy eerste foto van die Rooi Planeet ná ʼn reis van meer as sewe maande

Toejuiging het uitgebars in Nasa se beheerkamer, toe die Mars Insight-ruimtetuig op die Rooi Planeet geland het, ná ʼn reis van meer as sewe maande, en sy eerste foto binne ʼn minuut na die aarde toe gestuur het.

Dit was ʼn besonderse oomblik vir die span van top-wetenskaplikes van die Amerikaanse ruimteagentskap insluitend die oud-Namibiër, Japie van Zyl, wat in beheer is van die sending wat R13,7 miljard gekos het.

Die foto het ʼn gladde oppervlak sonder rotse getoon.