Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het in ʼn Twitter-boodskap voorgestel dat die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho verwyder moet word

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het in ʼn Twitter-boodskap voorgestel dat die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho verwyder moet word.

Hy het ʼn federale bestel met Suid-Afrika voorgestel. Mboweni, wat in die 80’s in Lesotho studeer het, het kommentaar gelewer oor die politieke krisis in die koninkryk.

Die eersteministersvrou, Maesiah Thabane, is voortvlugtig nadat sy daarvan beskuldig is dat sy die eersteminister, Tom Thabane, se tweede vrou Lipolelo vermoor het.

Thabane se party, die All Basotho Convention, wil hê hy moet uittree.