Die minister van Finansies vra die President om hom van sy pligte vry te stel

Die minister van Finansies vra die President om hom van sy pligte vry te stel

Die beleërde minister van Finansies, Nhlanhla Nene, het na wat berig word vir president Cyril Ramaphosa gevra om hom vry te stel van sy pligte, ná sy getuienis voor die Zondo-kommissie na staatskaping verlede week.

Nene het erken dat hy verskeie ontmoetings met die omstrede Gupta-familie gehad het, insluitend by hul Saxonwold-woning, nadat hy vroeër ontken het dat hy die familie ken.

Verskeie politieke partye en organisasies het vir Nene gevra om te bedank en hy het Vrydag vir Suid-Afrika om verskoning gevra omdat hy gejok het.

Business Day berig dat Nene se versoek vandag tydens ʼn ANC-vergadering bespreek sal word.