Die Minister van Gesondheid sal volgende week ʼn afvaardiging na die VSA stuur, ná ʼn aankondiging dat Amerika beplan om Vigs-befondsing te sny

Die Minister van Gesondheid sal volgende week ʼn afvaardiging na die VSA stuur, ná ʼn aankondiging dat Amerika beplan om Vigs-befondsing te sny

Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sal volgende week ʼn afvaardiging na die VSA stuur, ná ʼn aankondiging dat Amerika beplan om die
befondsing te sny vir sy wêreldwye MIV/Vigs-behandelingsprogramme.

Suid-Afrika het die grootste MIV/Vigs-behandelingsprogram ter wêreld.

Die VSA se presidensiële noodplan vir Vigs het in die vorige boekjaar meer as R10 miljard aan Suid-Afrika geskenk.

Die adjunk-direkteur-generaal van die departement, Yogan Pillay, sê die land het die geld nodig.