Die MRK belê ñ tweede sitting van die kommissie van ondersoek na die gewelddadige betogings vroeër vanjaar in Alexandra, Johannesburg

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het vir vandag ʼn tweede sitting belê van die kommissie van ondersoek na die gewelddadige betogings wat vroeër vanjaar in Alexandra, Johannesburg uitgebreek het.

Die kommissie stel ondersoek in na die moontlike oortreding van basiese menseregte en aantygings van wanadministrasie en onbehoorlike optrede deur die Alexandra Hernuwingsprojek.

Dié projek was daarop gerig om verstedeliking en die behuisingsuitdagings die hoof te bied en die beraamde begroting daarvoor was in 2011, 1,3-miljard Rand oor sewe jaar.