Die N8 op pad na die Bram Fischer-lughawe is steeds gesluit nadat ‘n transito-rooftog vanoggend plaasgevind het,

Die N8 op pad na die Bram Fischer-lughawe is steeds gesluit nadat ‘n transito-rooftog vanoggend plaasgevind het.

Owerhede is op die toneel en is steeds besig met opruimingswerk nadat die aanvallers met aanvalsgewere en vermoedelik plofstof op een van G4S se geldwaens toegeslaan het.

Na afloop van ‘n oor-en-weer-skietery is vier mense beseer, terwyl ‘n polisie-helikopter ook glo raakgeskiet is en glo in ‘n nabygeleë veld moes land.

Die rowers het in ‘n Ford Ranger-bakkie en ‘n Audi gevlug.