Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings het met ʼn skarebefondsingveldtog begin om die koste van advokaat Gerrie Nel te dra

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings het met ʼn skarebefondsingveldtog begin om die koste van advokaat Gerrie Nel te dra.

Hy verteenwoordig die organisasie in ʼn dieremishandelingsaak teen die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise.

Nel, wat verbonde is aan AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het besluit om by die saak betrokke te raak nadat die Nasionale Vervolgingsgesag geweier het om Modise te vervolg nadat sy na bewering die diere op haar plaas in Noordwes van die honger laat vrek het.