Die Nasionale Raad van Provinsies stem ook ten gunste van onteiening sonder vergoeding

Die Nasionale Raad van Provinsies stem ook ten gunste van onteiening sonder vergoeding

Die Nasionale Raad van Provinsies het ook die Gesamentlike Grondwetlike Hersieningskomitee se verslag aanvaar, wat aanbeveel dat die Grondwet gewysig word om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding.

Agt van die nege provinsies het ten gunste van die aanvaarding gestem met die Wes-Kaap, wat deur die DA bestuur word, as die enigste provinsie wat daarteen gestem het.

Dit volg nadat die Nasionale Vergadering eergister die verslag aanvaar het. Dit baan nou die weg vir ʼn ad hoc-komitee om die wysiging aan Artikel 25 van die Grondwet op te stel.