Die NVG het bevestig dat die leerder wat verlede week by ʼn Gautengse skool vermoor is, ten tyde van sy dood aangekla was van gewapende roof

Die Nasionale Vervolginggesag het bevestig dat die leerder wat verlede week by ʼn Gautengse skool vermoor is, ten tyde van sy dood aangekla was van gewapende roof.

Die 16-jarige Daniel Bakwela is buite die Hoërskool Forest in Turffontein dood toe hy en twee ander kinders gesteek is.

Die 19-jarige Mohammed Moela is gister op borgtog van vyf duisend Rand vrygelaat toe hy in verband met dié voorval in die hof verskyn het.

Intussen beplan Daniel se vriende en familie om te betoog teen die hof se besluit om borgtog aan Moela toe te staan.

Hulle sê hulle het die NVG gevra om borgtog teen te staan, maar is in kennis gestel dat dit nie gedoen gaan word nie, as gevolg van die hangende saak teen Daniel.