Die OB gee oënskynlik glo voorkeur aan die klagtes teen Pravin Gordhan

Die OB gee oënskynlik glo voorkeur aan die klagtes teen Pravin Gordhan

Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet sê dit is kommerwekkend dat die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, oënskynlik voorkeur gee aan die klagtes teen die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan.

Mkhwebane hou voet by stuk dat Gordhan antwoorde moet gee oor die aantygings van wangedrag teen hom wat verband hou met die vervroegde aftrede van die voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Irvin Pillay.

Lawson Naidoo van die raad sê die afleiding moet gemaak word dat sy politiek bedryf en vir Gordhan in die spervuur plaas.