Mkhwebane sê haar kantoor sal nie kommentaar lewer oor 'n dokument wat na bewering uitgelek het nie

Die OB sê sy sal nie ophou om haar taak te verrig nie, al beteken dit ook dat sy self die regskoste moet betaal wanneer haar verslae bevraagteken word

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sê sy sal nie ophou om haar taak te verrig nie, al beteken dit ook dat sy self die regskoste moet betaal wanneer haar verslae bevraagteken word.

Daar is toenemende oproepe dat Mkhwebane haar pos moet ontruim ná verskeie hofbeslissings teen haar.

Haar persoonlike bankrekening by ENB word na bewering ondersoek vir die oortreding van valutabeheerregulasies vir die verskuiwing van fondse tussen lande.

Mkhwebane sê haar kantoor se geloofwaardigheid word aangetas omdat sy sekere indiwidue ondersoek.