Die ondersoek rakende ‘n Pierneef-skildery wat uit die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, se kantoor weggeraak het, aan die NVG oorhandig

Die Valke het bevestig dat hulle ondersoek afgehandel en aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig is rakende ‘n Pierneef-skildery wat uit die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, se kantoor weggeraak het.

Die kunswerk, ter waarde van R8 miljoen, is verlede jaar glo uit Magashule, deesdae sekretaris-generaal van die ANC, se kantoor gesteel.

Bewerings doen sedertdien die rondte dat Magashule by die verdwyning van die skildery betrokke is of dat hy dit glo vir ‘n werknemer persent gegee het.

Volgens die NVG is geen inhegtenis-nemings tot dusver gemaak nie en besluit hulle tans of verdere vervolging nodig is.