Die Openbare Beleggingskorporasie het volgens berigte ‘n kandidaat om die voormalige uitvoerende hoof, Dan Matjila te vervang, uitgeken

Die Openbare Beleggingskorporasie het volgens berigte ‘n kandidaat om die voormalige uitvoerende hoof, Dan Matjila te vervang, uitgeken.

Van Matjila se bedanking in 2018 af het die staatsbeheerde batebestuurder nog nie weer ‘n permanente hoof gehad nie.

Die voorsitter van die OBK-raad, Reuel Khoza, het aan Business Day gesê dat hulle ‘n individu geïdentifiseer het wat, volgens hulle, kop-en-skouers bo die res van die kandidate uitstaan.

Khoza voeg by dat hulle ‘n span eksterne spesialiste byeengebring het om met die herstrukturering van die OBK te help.