Die organisasie Wapenvrye Suid-Afrika, het die Parlement se goedkeuring verwelkom van ʼn periode vir ʼn vuurwapen-amnestie wat volgende Sondag begin

Die organisasie Wapenvrye Suid-Afrika, het die Parlement se goedkeuring verwelkom van ʼn periode vir ʼn vuurwapen-amnestie wat volgende Sondag begin.

Die vorige amnestieperiodes in 2005 en 2010 was geslaagd met die herwinning van ongevraagde en onwettige vuurwapens.

Sedert 2017/18 het burgers gemiddeld 24 wapens per dag as gesteel of verlore aangemeld, terwyl polisielede een wapen per dag verloor het.

ʼn Direkteur van die organisasie, Adéle Kirsten, sê hul doel oor die lang termyn is om vuurwapens heeltemal te verban.