Die Outeniquapas bly gesluit as gevolg van ʼn brand in die berge bokant George

Die Outeniquapas bly gesluit as gevolg van ʼn brand in die berge bokant George

Die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum is geaktiveer as gevolg van die voortdurende brande in die Outeniquaberge by George in die Suid-Kaap.

Sigbaarheid is swak as gevolg van rook en as en motoriste is gemaan om versigtig te bestuur, terwyl huiseienaars aangemoedig is om hul vensters en deure toe te hou.

ʼn Woordvoerder van die provinsiale regering se Departement van Plaaslike Regering, James-Brent Styan, sê die Outeniquapas bly gesluit.

Intussen sê stad Kaapstad se woordvoerder vir brand- en reddingsdienste, Theo Layne, meer as 150 mense is dakloos gelaat ná ʼn brand in die Masiphumele-nedersetting.