SASSA beloof dat Nehawu-staking nie uitbetalings sal verhoed nie

Die parlementêre portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling het verneem dat dié departement twee miljard Rand se onreëlmatige uitgawes aangegaan het

Die parlementêre portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling het verneem dat dié departement R2 miljard se onreëlmatige en nuttelose uitgawes aangegaan het.

Die Ouditeur-Generaal, Kimi Makwetu, het tydens ʼn voorligting aan die komitee bevestig dat die grootste deel van die onreëlmatige besteding deur die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, Sassa, gedoen is.

Die DA sê Sassa het ʼn beduidende verantwoordelikheid om aan menslike en maatskaplike behoeftes te voldoen, maar in die afgelope jare het hy nagelaat om dié taak voldoende te vervul.